YouVersion Logo
Search Icon

Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsSample

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

DAY 3 OF 5

Lewe se geleentheid 

v 27 b “miskien sou hulle uitreik na hom en hom vind” 

 

 

1. Raak aktief 

Hardloop en hurksit raak 

Speel aanraak in 'n area wat bietjie ruimte het.  Een persoon jaag die ander om aan hulle te raak.  Wie ookal geraak is, doen vyf hurksitte en word dan een wat jaag.  Hou aan vir drie minute. 

Kyk na video van hurksitte:

 

2. Rus en gesels 

Wie ken julle wat ver van julle af woon?  Hoe maklik is dit om in kontak te bly? 

Wat is een ding wat jy graag doen?  Mimiek dit en kyk of ander kan raai. 

3. Lees die Skrifgedeelte 

Handelinge 17:27-28 

4. Bespreek 

Wat bedoel Paulus as hy sê: “God is nie ver van enigeen van ons af nie?” 

Wat sê die Bybel is die punt van hierdie lewe wat ons leef? (vers 27) 

Wat beteken “soek na God” eintlik?  Vir jou?  Vandag? 

Gesels met God: Dankie Here dat U tyd en ruimte geskep het vir ons om U te soek.  Help ons om U te soek met al ons energie.  Help ons om U te vind. 

As die Bybel sê dat God ons gemaak het en dat ons lewe 'n geleentheid is om God te soek en Hom te vind, dan is ons aanspreeklik vir hierdie lewe.  Die lewe is te kosbaar om vermors te word.  Tyd is waardevol.  Môre sal ons lees oor hoe aanspreeklikheid lyk. 

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangepas word vir enige huisgesin kombinasie en ouderdomsgroep. Dit benodig geen spesiale toerusting nie, net 'n klein ruimte en jou verbeelding.

More