Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Hebreërs 12:1–13
SOAP: Hebreërs 12:1-2
Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
Oordenking
Die skrywer van Hebreërs skryf van mans en vroue wat dwarsdeur die Bybel vir hulle geloof aangeprys word. Nie een van hierdie mense het die belofte (ewige lewe saam met God) ontvang nie, maar wag net soos ons steeds daarop. Hulle (en ander) helde van die Bybel maak hierdie groot skare van gelowiges uit waarvan daar in Hebreërs 12:1 melding gemaak word. Ons behoort aan ‘n groot vergadering van gelowiges – dié wat nog lewe sowel as hulle wat voor ons geleef het.
Die hele Hebreër-boek wys na hierdie aansporing. Ter wille van wie Christus is, omdat Hy verhewe is bo die engele, bo Moses, bo die beloofde rus, bo die hoëpriester, bo Melgisedek, bo die verbond, bo die offerstelsel, moet ons op ‘n sekere manier leef en optree. Ons moet bereid wees om swaarkry te verduur, tugtiging te verdra en van sonde weg te vlug omdat ons aan iets groters as onsself behoort.
As ons sonde ‘n vastrapplek in ons lewe gee, bring dit ons vinnig tot ’n val. Dit laat ons die goedheid van God bevraagteken, dit weerhou ons van volharding, en dit laat ons van ons anker, Christus, wegdryf. Ons moet die sonde afwerp sodra dit in ons lewens insluip. Ons leef vir soveel meer as onsself. Ons lewe moet ‘n getuienis aan die wêreld wees van wie Christus is. Laat ons volhard soos Hy volhard het, en die voorbeelde navolg wat Hy vir ons in sy Woord gee.
Gebed
Here God, help my om te volhard. Laat my nie in sonde vasgevang bly nie, maar laat my dit afwerp wanneer dit my wedloop begin belemmer. Laat my tug verdra, want ek weet u teregwysing is goed. Ek wil die skare gelowiges wat voor my gekom het, waardig wees. Help my om ‘n lewe te lei wat U elke dag eer. In Jesus se Naam, amen.
Scripture
About this Plan
![Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22052%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Related Plans
![Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55404%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens
![Reading With the People of God #10 Kingdom](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55389%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reading With the People of God #10 Kingdom
![The Armor of God: Well Used Against Injury](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55400%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Armor of God: Well Used Against Injury
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55402%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Freedom in Forgiveness: Discover the Healing in Letting Go by Sara Brunsvold
![Building Living Bridges](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55394%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Building Living Bridges
![The Prince Without a Name](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55399%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Prince Without a Name
![Spiritual Beings](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55405%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Spiritual Beings
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)