YouVersion Logo
Search Icon

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAY 38 OF 43

Lees: Hebreërs 11:32–40

SOAP: Hebreërs 11:39-40

En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. 

Oordenking

God het uit genade vir ons sy Woord as geskenk gegee. In sy Woord tref ons die een voorbeeld na die ander aan van lewens van geloof. Dwarsdeur die geskiedenis van God se volk was daar mans en vroue wat vir hulle geloof aangeprys word. Hulle het vir God gewag, ongelooflike dade verrig, en families en volke verander as gevolg van hulle geloof. Tog is dit nie waarom hulle aangeprys word nie. 

Al die mense wat in Hebreërs hoofstuk 11 genoem word, word aangeprys vir hulle geloof in God se belofte. Die enkelvoud van die woord “belofte” word in hierdie gedeelte gebruik, wat daarop dui dat hulle almal geloof gehad het in een van God se beloftes. Dit is die belofte van die Messias wat sou kom, die belofte van verlossing en ewige lewe saam met God. Hulle word aangeprys omdat hulle geloof onwrikbaar vas was, selfs al het hulle gesterwe terwyl hulle gewag het op die vervulling van God se belofte.

God het hulle toegelaat om te wag omdat Hy besig was om iets beters voor te berei. Deur te wag het God ons, en almal wat voor ons was, toegelaat om by hierdie belofte ingesluit te word. Dit is ‘n eskatologiese belofte, die belofte van ‘n ewige lewe saam met God. Christus se opstanding was net die begin van hierdie belofte! Ons maak deel uit van hierdie skare gelowiges wat almal volhardend wag op die vervulling van God se belofte. 

Gebed

God, ek is in verwondering van u plan. U het my toegelaat om deel uit te maak van ‘n groot liggaam van gelowiges wat almal wag op ‘n ewige erfenis saam met U. Help my om ‘n lewe te leef wat my identiteit as een van u kinders waardig is. Help my om ‘n lewe van groot geloof te leef soos een van die talle voorbeelde wat U in u Woord voorhou. Amen.

Day 37Day 39

About this Plan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More