YouVersion Logo
Search Icon

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAY 32 OF 43

Lees: Hebreërs 10:26-39

SOAP: Hebreërs 10:36-39

"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. Nog net 'n kort, kort tydjie en Hy wat kom sal kom en nie talm nie. En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe, maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe."

Oordenking

Uithouvermoë is die kenteken van 'n ware dissipel van Christus. Uithouvermoë is iets wat ons moet leer en inoefen dwarsdeur ons lewe as 'n Christen. Uithouvermoë in die geloof is hoe ons geheilig word, hoe ons meer en meer soos Jesus word. Sonder uithouvermoë sal ons baie gou moedeloos raak.

Hierdie verse oor uithouvermoë dien as 'n oorgang (van 'n groot afdeling in die Bybel) oor die oppergesag van Christus na die praktiese toepassing vir die gelowige. Die outeur is op die punt om vir ons baie voorbeelde van hulle wat uithouvermoë gehad het, te wys. Hulle het verduur, want hulle was gefokus op die beloftes van God, selfs al was dit nie in hulle leeftyd vervul nie. Ons word geroep om tussen hulle te wees wie se geloof deur hulle uithouvermoë bewys is.

Uithouvermoë is ons bewys van ons vertroue dat God sy beloftes sal nakom. God se bereidwilligheid en almag om sy beloftes te hou, is nie afhanklik van ons geloof nie. As ons nie verduur en glo nie, sal God NIE ophou om sy beloftes na te kom nie. Sy beloftes hang van sy karakter af. Alles waarna die outeur van Hebreërs in die eerste tien hoofstukke verwys, wys hierna: Jesus is almagtig en niks kan sy werk keer nie.

As gevolg van Jesus, het ons rede om te verduur en uit te hou. Kom ons hou aan in ons geloof en twyfel nie, kom ons hou aan en bly standvastig in ons geloof en stel ons hoop in Christus. 

Gebed

Jesus, gee my die genade om ter wille van my geloof, te verduur. Help my om u beloftes raak te sien as die krag om te verduur en uit te hou, eerder as die seisoen of tyd. Vermeerder my vertroue in u vermoë en bereidwilligheid om u beloftes te hou. Ek wil U glo en ek wil verduur en uithou totdat U my na U toe roep. Amen.

Day 31Day 33

About this Plan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More