Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Sample
Lees: Hebreërs 6:4–12; Galasiërs 6:9
SOAP: Hebreërs 6:11-12; Galasiërs 6:9
Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Oordenking
Die vermaningsgedeeltes in Hebreërs het opgebou tot die waarskuwing teen afvalligheid in Hebreërs 6:4-8. Die skrywer van Hebreërs vermaan die lesers om nie hulle geloof te versaak deur van God weg te draai nie. Ons verlossing is veilig in Christus, omdat dit van sy werk, nie ons s’n nie, afhang. Die skrywer van Hebreërs wou egter sy gehoor herinner aan die belangrikheid van ‘n hart wat aan God toegewy is. Ons moet daarvan bewus wees dat ons sondige natuur ons van God kan laat wegdryf, maar dat ons redding uiteindelik op Hom berus.
Na hierdie waarskuwing is daar ‘n bemoedigende woord om hierdie deel van die boek af te sluit. Gelowiges in Christus word aangespoor om ywer in ons geloof aan die dag te lê tot die vervulling van ons hoop. Die vervulling van ons hoop is nie daarin geleë om seën van God te ontvang nie, maar eerder in die verlossing en ewige lewe saam met Christus, wat ons ontvang.
Ons kan hierdie vervulling van ons hoop ontvang danksy die Een in wie ons ons hoop plaas: Jesus Christus. Net soos ons nie moet traag word in ons denke nie, maar moet vorder tot volwassenheid, moet ons dade ook in navolging wees van die geloof wat ons bely. Deur geloof in Christus en sy wederkoms en volharding deur swaarkry, sal ons die ewige heerlikheid beërf wat Christus vir ons beloof het.
Gebed
Here Jesus, ek is so dankbaar dat my redding nie van my eie werk afhang nie. Help my om te glo dat my verlossing seker is op grond van wat U gedoen het, nie op grond van enigiets wat ek gedoen het af gaan doen nie. U alleen is Here van my verlossing. Help my om geloof en volharding te hê terwyl ek wag op die vervulling van my hoop. Amen.
Scripture
About this Plan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More