YouVersion Logo
Search Icon

'n 7-dag Gids oor GebedSample

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAY 6 OF 7

Word vuil

Om te bid is nooit 'n laaste verdedigingslinie nie. Dit is ons eerste linie van verdediging. - Craig Groeschel

Die Bybel vertel ons om vir ander te bid. Een ding wat ons gebede doen, is om mense te bemoedig. Wanneer ons 'n teksboodskap, 'n kennisgewing of 'n foonoproep van iemand ontvang wat vir ons bid, word ons daardeur bemoedig. 

Wanneer ons vir ander bid, veg ons in die voorste linies van hul lewens. Ons kan namens hulle bid. Soos ons nader aan God groei, sal dit makliker, vanselfsprekender en selfs opwindend word om vir ander te bid. Laat ons knieë dus deur die loop van die dag vuil word van bid. Hier is drie groepe vir wie ons kan bid:

Ons binnekring
Die kleinste kringetjie is die mense in ons lewens wat die naaste aan ons is, en dit sluit onsself in. Hierdie groep het ons in hul lewens nodig. Dit bestaan uit gesinslede en ons naaste vriende. Om vir hierdie groep te bid sal makliker wees omdat ons hulle beter ken. Die meeste van ons gebede sal op die mense in hierdie groep gerig wees, want hulle is aan die spits van ons gedagtes.

Ons middelste kring
Hierdie middelste kring sal groter as ons binnekring wees. Hierdie groep bestaan uit goeie vriende, kennisse en verlangse familielede. Ons weet nie altyd wat om vir die mense in hierdie groep te bid nie, maar nietemin, bid ons tog vir hulle. 'n Eenvoudige: "God, gee asseblief vir Johannes wysheid" of "God, ek bid dat sy U sal leer ken" is genoeg.

Ons buitekring
Hierdie groep sal die grootste groep in ons lewens wees. Dit bestaan uit mense wat ons nie ken nie of met wie ons 'n eenmalige interaksie het. Dit kan die leier van ons land wees, 'n bekende persoon of 'n kelner by 'n restaurant. Die gebede vir hierdie mense mag baie algemener wees, bloot omdat ons nie van hulle behoeftes bewus is nie. Soms sal hierdie gebede nie spesifiek wees nie, dus sal meer algemene gebede gepaster wees.

Hier is 'n paar idees hoe ons kan begin:  

  • Maak 'n daagliks lysie en bid daardeur. 
  • Sit rustig en laat God toe om jou aan mense te laat dink. 
  • Plaas 'n aanmaning op jou selfoon om jou te por om te bid.  
  • Skakel die musiek af terwyl jy bestuur en bid eerder. 
  • Bid die oomblik wanneer jy dit nodig het. 

Om ander te beïnvloed, moet ons ons eie doelstellings staak. Ons gebede hoef nie lank te wees nie, en ons moet ons nie oor resultate bekommer nie. Ons het ons deel gedoen. Ons kan staatmaak op die waarheid dat elke gebed wat ons ooit bid, deur 'n liefdevolle, goeie God gehoor sal word. Ons gebede kan beide spontaan en beplan wees. As God sê ons kan vir enigiets en met alles na Hom toe kom, bedoel Hy dit regtig.

Kom ons aanvaar sy aanbod.

Oordink

  • Gebruik tyd om jou verskillende vriendekringe te organiseer en beplan om gereeld namens hulle na God te gaan. 
  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.
Day 5Day 7

About this Plan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

More