'n 7-dag Gids oor GebedSample
Bid soos Jesus
Om te bid is die belangrikste gesprek van jou dag. Neem dit na God voordat jy dit na iemand anders neem. - Anoniem
Dit is regtig so belangrik dat ons daagliks tyd in gebed met God deurbring. Op dag een het ons geleer dat gebed bloot 'n twee-rigting gesprek is wat ons met God voer om te kan groei. Dit kom daarop neer om, onder andere, tyd te wy aan gesels, luister, vrae vra en om Hom te dank. Om te bid of 'n deurlopende gesprek met God te hê, is noodsaaklik om as Christus se volgelinge te groei.
Het jy geweet dat Jesus baie tyd daaraan gewy het om tot God te bid? Die Bybel sê dat Hy dikwels weggegaan het om alleen te bid. In die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes, lees ons dat Hy ten minste meer as vier en twintig keer gebid het! Hy het gebid...
- ...toe Hy alleen was en toe hy by ander was.
- ...voordat Hy iemand genees het en nadat Hy iemand genees het.
- ...voor maaltye en voor belangrike besluite.
- ...soggens en saans.
- ...nadat Hy aan die kruis vasgespyker is en terwyl Hy aan die kruis gesterf het.
Wat Jesus se gebede vir ons sê is dat Hy vir alles op sy Vader staatgemaak het, en Hy was die Verlosser van die wêreld! As hy met God tyd in gebed nodig gehad het, het ons beslis ook. Hoekom? Omdat ons in 'n wêreld lewe wat ons voortdurend voor nuwe dinge te staan laat kom en smeek om ons aandag daarvan af te lei om met God te wandel. Gebed stel ons in staat om ons met God te vereenselwig en deur Hom gelei te word. Gedurende hierdie gebedstye, het Jesus nader aan sy hemelse Vader gekom. Sy gebedstye wys hoe desperaat Hy sy hemelse Vader nodig gehad het.
Wat kan ons van Jesus oor gebed leer? Bid in en oor elke omstandigheid.
Gaan eenvoudig met alles na God toe.
Meningsverskille in verhoudings? Praat met God.
Finansiële rampe? Praat met God.
Geestelike probleme? Praat met God.
Fisiese verknorsing? Praat met God.
Beroepsuitdagings? Praat met God.
Emosionele krisisse? Praat met God.
Praat met Hom, ongeag wat ook al die omstandigheid of probleem is. Dis wat Jesus gedoen het. Kyk, dit herroep nie daaropvolgende stappe wat jy sal neem vir jou rol in hierdie oop-einde gebedsverhouding met God nie. Dit beteken net dat ons eerste na Hom toe gaan.
Ons behoort nie deur gebed bedreigd te wees nie. Ons hoef nie te wonder of ons dit op "die regte manier" doen of, of ons "die regte ding" sê nie. God wil net hê dat ons in 'n intieme verhouding met Hom moet wees, en Hy weet die beste plan is om 'n deurlopende gesprek met Hom deur die loop van die dag te handhaaf.
Terwyl ons deur die res van hierdie leesplan beweeg, kom ons kyk hoe lyk gebed in ons lewens as Christus se volgelinge.
Oordink
- Wanneer is dit vir jou die maklikste om te bid? Die moeilikste om te bid?
- Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.
About this Plan
Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.
More