YouVersion Logo
Search Icon

'n 7-dag Gids oor GebedSample

'n 7-dag Gids oor Gebed

DAY 4 OF 7

Kom met jou sonde

Wanneer ons soekend is as gevolg van sonde—en dit gaan gebeur—sal belydenis ons weer op ons voete bring. - Lou Holtz

Ons wil dringend na God toe kom wanneer ons daarvoor gereed voel. Maar, God wil hê dat ons te midde van ons onrus na Hom toe sal kom. Ons hoef nie ons gedrag te verbeter om Hom te beïndruk nie.

Ons moet egter met Hom oor die toestand van ons harte praat. 'n Deel van gebed is om die verkeerde dinge wat ons gesê, gedoen en ja, selfs gedink het, te bely. C.S. Lewis sê dat belydenis soos die drumpel van gebed is. Bedoelende, ons doen dit eerste.

Belydenis is vir ons baie moeilik, want ons wil nie ons foute erken nie. Nuusflits: Hy weet reeds. Hy weet van die dinge wat ons vir Hom probeer wegsteek. Daardie ding wat ons jare gelede belowe het om na ons graf te neem? Hy weet. En raai wat? Hy het ons nogtans lief. 

Selfs al weet Hy, moet ons nog steeds ons sonde bely. Dis eintlik iets wat die meeste van ons liewer nie wil doen nie of voel dat dit nie nodig is nie. En ons wil onsself beslis nie as sondig beskou nie. Dit sou beteken dat ons vol sonde is. Nog 'n nuusflits: ons is almal sondig. Maar die Bybel is baie duidelik daaroor "as ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons van ons sonde en alle ongeregtigheid te reinig." Van hoeveel sal ons gereinig word? Alles.

Wanneer ons ons sonde bely, maak ons die keuse om berou te hê. Dit beteken dat ons tot stilstand kom en letterlik in die teenoorgestelde rigting wegdraai van die sonde wat ons pas bely het. Sondebelydenis en wandel in berou mag in hierdie eenvoudige gebed ingesluit wees. "God, vergewe my asseblief dat ek vandag van Bets geskinder het. Ek verkies om van nou af woorde te spreek wat nie ander mense afbreek nie." 

Daar is egter tye wanneer ons na Hom toe gaan met baie meer om te bely. Daar mag jare se sedelike teenstrydighede wees wat swaar op ons rus. Sommige dinge onthou ons nie in besonderheid nie. As dit die geval is, kan ons gebed wees: "God, ek weet ek het baie gesondig en ek kan nie alles onthou nie. Sal U my asseblief vergewe waar ek verbrou het?" En raai wat? Die Bybel vertel ons dat Hy ons sonde nie sal onthou nie en dit so ver van ons verwyder as wat die ooste van die weste is. 

Ons mag dink dat ons magteloos en ons omstandighede hopeloos is. Raai wat? God spesialiseer in magteloosheid en hopeloosheid. Ons moet net ons deurmekaar lewens na Hom toe bring.

Oordink

  • Vra vir God om jou te herinner aan enigiets wat jy moet bely en doen dit dan. 
  • As daar een probleem is wat jou gedurig laat struikel, wat moet jy verander, ophou of begin sodat jy in die teenoorgestelde rigting kan draai? 
  • Skryf enige openbaringe neer waarmee God tot jou spreek deur vandag se Bybellesing of oordenking.
Day 3Day 5

About this Plan

'n 7-dag Gids oor Gebed

Wanneer ons aan die woord "gebed" dink, het ons moontlik 'n idee daarvan in gedagte. Heel moontlik het jy al vorige ondervindinge met gebed, ongeag jou agtergrond. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons dieper delf in wat gebed behels en hoe ons sekere aksies 'n deel van ons dag kan maak, wat ons sal help om 'n deurlopende gesprek met God te hê vir die res van ons lewens.

More