YouVersion Logo
Search Icon

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor HudsonSample

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

DAY 4 OF 5

Luister na God in sy Woord

God praat op verskillende maniere met ons. Hy praat onder meer deur sy skepping, deur ons eie ervarings, deur die mense om ons, deur preke en boeke, deur musiek en kuns, deur die Heilige Gees se sagte stem in ons binneste. God kommunikeer met ons op wonderlike, kreatiewe maniere. Ek glo egter die beste manier om God te hoor, is deur sy Woord.

Jesus is ook hierin ons voorbeeld. Sy hemelse Vader het herhaaldelik deur die woorde van die Ou Testament met Hom gepraat, veral in krisistye. Ons kan seker wees dat ons hemelse Vader ook met ons sal praat wanneer ons Hom met vertroue en verwagting in sy Woord soek.

Die praktiese vraag is: Hoe luister ek na God in sy Woord? Dit is ’n belangrike vraag vir elkeen wat God se wysheid wil bekom. Een manier is om vir ’n paar dae oor ’n enkele gedeelte na te dink. Jy kan byvoorbeeld begin met jou geliefkoosde gedeeltes, byvoorbeeld Psalm 23, die Ons Vader-gebed, 1 Korintiërs 13 of ’n geliefde Bybelverhaal. 

Wanneer jy die Bybel lees en telkens na dieselfde gedeelte teruggaan met die gebed dat die Here deur die woorde met jou sal praat, gebeur ’n wonderlike ding. Wanneer ons sy woorde aan ons ernstig opneem en dit begin uitleef, groei ons in ons ervaring van sy wysheid. Dan word sy Woord werklik ’n lamp vir ons voete en ’n lig op ons pad van vrede.

Op die pad na innerlike vrede

Maak tyd om ’n geliefde gedeelte uit die Woord rustig deur te lees. Verander jou oë in ore terwyl jy lees. Vra die Here om met jou te praat en luister aandagtig na sy sagte stem.

Day 3Day 5

About this Plan

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ’n uitnodiging in om met God te gesels of iets prakties om te doen. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek: “Leef! Een dag op ’n keer”.

More