YouVersion Logo
Search Icon

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor HudsonSample

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

DAY 2 OF 5

As die lewe soos ’n verkeersknoop is

Het jy al in die verkeer vasgesit? Dit gebeur met ons almal, en ons kan niks daaraan doen nie. Ons is magteloos. Party mense hanteer dit goed. Hulle luister na hul geliefkoosde musiek of die nuus, maak telefoonoproepe, bid vir ander mense, geniet die stilte of sing. Hulle is die goeie mense onder ons! Baie van ons word ontsteld, praat lelik, kook oor, verander gedurig van laan, slaan op die stuurwiel. Frustrasie bou op en ons word al hoe kwater en ongeduldiger. Maar dit help niks.

Die lewe is partykeer soos ’n verkeersknoop: Ons beleef ’n situasie waaraan ons niks kan doen nie. Die eerste versoek in die Gebed Vir Kalmte is om die dinge te aanvaar wat ons nie kan verander nie. Dit is selde maklik. 

Ons het God se genade, hulp en krag daarvoor nodig. Maar wanneer ons dit wel regkry, word die saad van vrede in ons harte geplant, dit ontkiem en begin groei. 

Mettertyd kan ons die kosbare gawe van vrede geniet. Ons sal ’n sekere houding moet ontwikkel en sekere dinge moet doen, maar nogtans onthou dat die vrede om te aanvaar dat ons nie beheer het oor sekere dinge nie, net van God kom. Kan jy al sien waarom ons die Gebed Vir Kalmte nodig het? 

Op die pad na innerlike vrede

Dink aan ’n situasie wat jy op die oomblik beleef, een wat jy nie kan verander nie. Praat met God daaroor; vertel Hom van jou frustrasies, jou pyn en verlange dat dit sal verander, en miskien ook oor jou skuldgevoelens. Onthou God is altyd by jou en gereed om te luister.

Day 1Day 3

About this Plan

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ’n uitnodiging in om met God te gesels of iets prakties om te doen. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek: “Leef! Een dag op ’n keer”.

More