Inleiding Tot Die TabernakelstudiesSample

INLEIDING TOT TABERNAKELSTUDIES
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Dat die tabernakel uitsluitlik om Christus en sy versoeningswerk gaan, word deur Hom bevestig toe Hy aan die Émmaüsgangers “van Moses (die tabernakeloffers en wet) en al die profete af. . . vir hulle uitgelê (het). . . die dinge wat op Hom betrekking het” (Luk 24:27). Voorts lees ons in Romeine 15:4 “Alles wat vantevore geskrywe is, is vir ons lering vantevore geskrywe”. Weer lees ons in 2 Timotheus 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee, en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”.
Soos ’n Messiaanse Jood dit treffend gestel het: Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel.
’n Verdere rede waarom die bestudering van die tabernakel as belangrik beskou word, word gesien in die feit dat God net twee hoofstukke aan die onderwerp van die skepping, chaos, en herskepping van die aarde en die skepping van die mens wy (Gen 1-2), terwyl Hy nie minder nie as 50 hoofstukke (13 in Exodus; 18 in Levítikus; 13 in Númeri; 2 in Deuteronómium; en 4 in Hebreërs) aan die tabernakel en die gepaardgaande ritusse afsonder. Die tabernakel met al sy rituele offers was skaduwees wat in Christus beliggaming gekry het. Hierdie tabernakel was maar ’n tipe van die hemelse soos ons dit in Hebreërs 8:5; 9:24 opgeteken sien.
About this Plan

Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.
More
Related Plans

God Within You - Awaken to the Power and Presence of the Holy Spirit

If Jesus Is Your Friend

Purpose, People, & Prevention: Thriving in Public Health With God

A Minute of Hope

Love Because: Devotions for In-Law Relationships

Kingdom Courage

Technicolor Woman

Do Not Be Anxious About Anything

The Sabbath Way: Finding the Rest Your Soul Craves by Travis West
