YouVersion Logo
Search Icon

Beloftes vir u Alledaagse LeweSample

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAY 7 OF 14

Jesus is ons voorbeeld

“Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is.” 1 Johannes 4:8 NLV

Liefde is iets wat gesien kan word. Dit word gesien deur die vrug van die Gees wat in ons lewens werk, in ons optrede en hoe ons mense hanteer. 

Liefde het baie fassette of maniere hoe ons dit kan sien. Byvoorbeeld, as ‘n diamantring na die lig gehou word, kan dit op baie verskillende maniere blink en skyn, afhangende van hoe ‘n mens dit draai. Ek glo liefde sprankel ook op verskillende maniere, afhangende van hoe ons daarna kyk. 

1 Korintiërs 13:4-7 gee ons ‘n paar voorbeelde van liefdesfassette: 

  • Liefde is geduldig: dit het die vermoë om lank op iets te wag. 
  • Liefde is nie jaloers nie: dit begeer nie wat dit nie het nie. 
  • Liefde blaas nie sy eie beuel of is vol van homself nie. 
  • Liefde is nie kort van draad of hou boek van die kwaad nie. 
  • Liefde tree nie onwaardig op nie. 
  • Liefde bly stil oor ander se foute. 
  • Liefde gee nooit moed op nie!

Hierdie is net ‘n paar maniere van hoe ons moet liefhê…en dit is ook die manier waaarop God ons lief het. 1 Johannes 4:8 sê dat God liefde is. Hy is lief vir ons en het ons gered, so ons kan nou Sy liefde met ander deel. 

Om God na te boots, moet ons kyk na Jesus, die perfekte voorbeeld van God, wat alle beskrywings van liefde uitgeleef het. Hy het altyd in liefde opgetree, in elke situasie, selfs wanneer mense teen Hom in opstand gekom het.

Kolossense 3:12-14 sê dat ons liefde moet aantrek soos klere en dat liefde alles aan mekaar verbind. Net soos Jesus, laat ons onsself dan aantrek in liefde en kies om Sy voorbeeld te volg, om glorie en eer aan God te betoon. 

Gebed: 

God, U het my gewys wat liefde is deur my eerste lief te hê. Help my om Jesus se voorbeeld te volg en al die fasette van liefde in my daaglikse lewe uit te leef.  

Day 6Day 8