YouVersion Logo
Search Icon

Beloftes vir u Alledaagse LeweSample

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAY 11 OF 14

Wanneer dit reg is om “nee” te sê

“Ek kan nie alleen hierdie hele volk versorg nie. Hulle is te veel vir my”. Numeri 11:14 NLV

In Numeri 11 gee Moses ons ‘n voorbeeld van wat ons kan doen as ons onder druk is. Praat van druk – hy het die Israeliete deur die woestyn gelei vir veertig jaar, wat eintlik ‘n elf dae reis moes wees! 

Die mense was depressief en het geween oor hul situasie. In vers 14 sê Moses vir God: “Ek kan nie alleen die volk versorg nie, hulle is te veel vir my.” Soos Moses, is dit reg vir ons om ook te sê “ek het my perke bereik”. Ja, die Skrif sê dat ons alles deur Christus Jesus kan doen wie ons krag gee (Filippense 4:13), maar dit verwys eintlik na tye wat God ons deur moeilike tye en swaarkry dra. 

Dit beteken nie dat ons soveel verantwoordelikhede moet aanvat dat ons heeltemal uitbrand nie, soos die vrou met vyf kinders wat voltyds werk en nog op die kerkraad dien nie. 

Soms is dit net te veel… en dit is reg om dit te erken. Dit is ook oraait om “nee” te sê vir sommige goed, sodat jy die lewe kan geniet soos God wil hê jy moet.

Hier is ‘n nuusflits: ek en jy hoef nie soos almal te wees of by almal by te bly nie. God het sommige mense geskape wat groot kapasiteit het vir baie take, maar nie almal is so gevorm nie. 

Elkeen van ons moet wees wie God ons roep om te wees en ons hoef nie jammer te wees daaroor nie. Ons moet elkeen individueel uitvind waar ons balans van verantwoordelikheid is, sodat ons die lewe kan geniet, eerder as om onsself siek te maak met ‘n oorvloed stres en druk. 

Wanneer jy jou perke bereik het, gaan na God net soos Moses het. Hy sal jou help om ‘n gemakliker en gesonder lewenswyse te handhaaf.

Gebed: 

God, dit is soms vir my moeilik om stadiger te beweeg en “nee” te sê vir meer verantwoordelikheid. Help my om met gebalanseerde verantwoordelikheid te leef wat U vir my geskep het, sodat ek met U vrede kan leef en die lewe geniet.

Day 10Day 12