Beloftes vir u Alledaagse LeweSample
‘n Volhoubare lewe
“Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my”. Psalm 23:2 NLV
Leef jy ‘n volhoubare lewe? Miskien vang jy jouself waar jy goed sê soos: “ek kan dit nie meer langer doen nie. Ek kan dit nie vir ewig volhou nie”. Wanneer ons hierdie tipe goed sê, sê ons eintlik: “Ek weet ek het perke en dat ek dit bereik het maar ek gaan dit ignoreer en kyk hoe lank ek kan uithou.”
Ons liggame gee ons tekens wanneer ons onsself te hard druk, soos ‘n kramp hier en ‘n pyn daar. Maar ons dink ons sal oraait wees, en ons ignoreer die waarskuwingstekens, totdat ons té siek raak om dit te ignoreer.
Ek is nie trots hierop nie, maar vir die eerste twintig jaar van my bediening het ek meeste van die tyd baie sleg gevoel. Ek was konstant by dokters en het allerhande pille en vitamienes probeer. Die dokters het probeer sê dat ek myself te hard gedruk het, maar ek het hulle geïgnoreer. Ek het myself gedruk om al die toere, praat-geleenthede en vergaderings self te doen en het myself eenvoudig net totaal uitgeput.
Uiteindelik het ek besef dat ons nie God se leiding om te rus kan ignoreer sonder om die prys daarvoor te betaal nie. Ek het veranderinge aan my program aangebring en nou voel ek beter as ooit tevore.
As jy ‘n onvolhoubare lewe leef, hou op om verskonings te maak en bring die nodige veranderinge aan. Moenie wag totdat iets gebeur, soos ‘n senuwee-ineenstorting of ‘n hartkwaal nie. Maak die veranderinge nou en lewe die tipe lewe wat God wil hê jy moet leef.
Wanneer jy op God se manier leef, kan ek jou waarborg dat jy ‘n oorweldigende nuwe vlak van vrede in jou lewe sal bereik.
Gebed:
Here, wys my watter areas in my lewe nie volhoubaar is nie. Ek wil hierdie areas aan U opdra. Lei my vandag in U rus en vrede in, sodat ek my lewe kan geniet en U vir nog baie jare kan dien.
Scripture
About this Plan
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!
More