Woorde Maak SaakSample
Oordenkingsvrae:
1. Hoekom is dit belangrik om bedag te wees op die woorde wat ons vir onsself sê? Hoe moet ons met onsself praat?
2. Dink aan die woorde wat oor en oor in jou gedagtes herhaal word. Is dit Filippense 4:8 woorde? Het jy gefokus op wat waar, eerbaar en lofwaardig is?
3. As jou beste vriend met jou praat soos jy met jouself praat, sal jy nog steeds vriende met daardie persoon wees?
4. In Matteus 22:39 lees ons dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself. Dieselfde geld ook vir die uitreiking van genade. God het genade aan ons uitgereik, en baie van ons moet genade aan onsself uitreik. Skryf Romeine 8:1 neer en memoriseer dit. Die volgende keer wat jy die stem van veroordeling hoor, herhaal Romeine 8:1 vir jouself.
5. Hoekom is dit belangrik om te weet wat God vir jou sê, gebaseer op Vrydag se verse? Hoe beïnvloed dit hoe jy oor jouself voel?
About this Plan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More