Woorde Maak SaakSample
Lees: Spreuke 16:28, Spreuke 17:9, Spreuke 20:19
SOAP: Spreuke 20:19
Skinder. Die ydel praatjies of gerugte of stories, veral oor persoonlike of private sake van ander. Skinder, net soos leuentaal, word nie altyd gereken as ‘n “groot” sonde nie. Baie van ons keur dit goed en neem deel aan skinder. Maar kyk wat vandag se verse daaroor sê:
“Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” - Spreuke 16:28
‘n Fluisteraar bring skeiding tussen boesemvriende. Baie mense het vriende en selfs verhoudings verloor as gevolg van skinder. Skinder het al reputasies verwoes, kerke verdeel en mure tussen mense gebou. Neem vandag se advies ter harte en moenie assosieer met ‘n skinderbek nie. Moenie dink dat dit ongeskik is om ‘n skinderbek te stop wanneer hy jou iets oor iemand vertel nie. As jy gister se verse toepas, sal jy daardie persoon konfronteer en help deur die waarheid in liefde te praat.
Moenie na skinderbekke luister nie. Moet ook nie gerugte oor ander versprei nie. As jy ‘n probleem het met wat iemand doen, vertel dit vir daardie persoon en niemand anders nie. “Wie sy mond en tong in toom hou, hou hom uit gevaar.” – Spreuke 21:23. So, ons moet waghou oor ons tonge en versigtig wees vir die sonde van skinder.
Liewe Heer, vergewe my vir al die tye wat ek gerugte oor ander versprei het. Help my om nie te assosieer met hulle wat skinder en ander beswadder nie. In Jesus se naam, amen.
About this Plan
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
More