YouVersion Logo
Search Icon

Woorde Maak SaakSample

Woorde Maak Saak

DAY 19 OF 29

 

Lees: 2 Samuel 12:1-10, 2 Samuel 12:13-14, Spreuke 10:12, Spreuke 15:1, Sagaria 8:16-17, Matteus 18:15

SOAP: Sagaria 8:16

Vandag se vers is ongelooflik belangrik in ons verhoudinge met ander. Ons praat vandag oor konfrontasie, konflik en korreksie. As Christene, word ons opgeroep om ander te vermaan. Maar wat beteken dit presies? Wat is vermaning? Kom ek begin deur jou te vertel wat vermaning nie is nie: dit is nie om die ander persoon alles te vertel wat hy verkeerd doen en hom daardeur te laat sleg en skaam voel nie.

Vermaning kom van die Griekse woord “paraklesis”, wat beteken “om eenkant te roep, byeen te roep, aanmoedig, aanmaan, dringend versoek.” Die woord het die dieselfde stam as parakletos, die Heilige Gees (Johannes 14:16-17).  Om te vermaan, is om verhoudings met ander gelowiges te ontwikkel met die doel om hulle aan te moedig om geestelik te groei.

Ons finale doel wanneer ons iemand vermaan, is om aan te moedig. En dit is die beginpunt wanneer ons iemand konfronteer, konflik oplos en korrigeer. Wanneer ons sien iemand doen dinge verkeerd, het ons nodig om die waarheid te praat, maar ons moet die waarheid praat in liefde. Dit is wat al die verskil maak.

Liewe Heer, help my om die waarheid in liefde te praat. Ek wil nie ‘n regter van ander Christene wees nie, maar wil hulle help om te groei in hulle geestelike lewe. In Jesus se naam, amen.

Day 18Day 20

About this Plan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More