7 Wonderwerke van JesusSample

JESUS VOED MEER AS 5 000 MENSE
Toe Jesus hoor dat Johannes doodgemaak is, het Hy in ’n skuit daarvandaan weggegaan na ’n stil plek om alleen te wees. Die mense van die omliggende dorpies het egter gehoor waarheen Hy op pad was en Hom al langs die meer te voet gevolg. Toe Jesus aan wal kom, het Hy ’n groot skare gesien en vir hulle jammer gevoel. Terwyl die son sak, het die dissipels na Hom gekom en gesê: “Niemand woon hier nie en kyk hoe laat is dit al. Stuur die mense weg dat hulle in die dorpies kan gaan kos koop.”
Maar Jesus het gesê: “Dis onnodig – gee julle vir hulle kos.”
Andreas, een van die dissipels, het vir Jesus gesê: “Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir só baie mense?”
“Sê dat almal moet gaan sit,” het Jesus gesê. Toe het Jesus die brode geneem, ’n dankgebed gedoen en dit aan die dissipels gegee om aan die mense uit te deel. Hy het die brood en die vissies aanhou uitdeel totdat almal soveel geëet het as wat hulle wou hê.
Die seuntjie het al sy kos vir Jesus gegee sonder dat hy verwag het om enigiets terug te kry. Hy het alles gegee wat hy gehad het sonder dat hy geweet het dat hy meer as 5 000 mense sou seën.
Selfs al was Jesus die Een wat die kos voorsien het, het Hy die Vader daarvoor gedank. Jesus het gewys dat dit goed en reg is om die Here vir elke maaltyd wat Hy voorsien te dank (selfs wanneer iemand anders die kos wat ons eet, koop en voorberei).
IETS OM OOR TE BID: Dankie, Here, dat U elke dag vir ons kos gee.
FEIT: Die Here het 40 jaar lank méér as 603 550 mense in die woestyn gevoed (Numeri 1:45-46). ’n Maaltyd vir 5 000 was dus vir Hom geen probleem nie!
About this Plan

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling deur Suid-Afrikaanse skrywer Dave Strehler uit sy dagboek ELKE DAG SAAM MET JESUS © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Related Plans

Learning About Love With St. Valentine

Fuel the Fire Pt 2

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Getting Dating Right

Ready as You Are

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's
