7 Wonderwerke van JesusSample

WORD GESOND!
In een van die dorpies het Jesus ’n man ontmoet wat ’n verskriklike velsiekte gehad het, naamlik melaatsheid. Toe die man Jesus sien, het hy gesmeek om genees te word. “Here, as U wil, kan U my gesond maak.”
Jesus het sy hand uitgesteek en die man aangeraak. Hy het gesê: “Ek wil. Word gesond!” Onmiddellik het die melaatsheid verdwyn en was die man se vel skoon en glad.
Melaatsheid was ’n baie erge velsiekte, en mense was bang om aan te steek. Almal het geweet ’n mens kon melaatsheid kry en daarvan doodgaan deur aan die sere op iemand se vel te raak. Waarskynlik het niemand vir ’n lang tyd aan hierdie man geraak nie. Dalk het die man daarna verlang dat iemand genoeg sou omgee om aan hom te raak. Jesus het.
Op ’n sekere manier het ons harte ook ’n aaklige siekte – ’n siekte wat sonde genoem word. Jesus, wat sondeloos en rein is, het aarde toe gekom om langs ons sondaars te stap en ons te wys hoe lief Hy ons het. Hy was gewillig om al ons sondes te neem en dit op Homself te plaas. Hy het gesterf sodat ons genees kan word en kan lewe.
IETS OM OOR TE BID: Jesus, vergewe asseblief my sonde en maak my hart skoon en rein.
WAARHEID: In die tyd toe die Bybel geskryf is, was melaatses nie toegelaat om naby ander mense te kom nie. Hulle moes die hele tyd uitroep: “Onrein! Onrein!” (Levitikus 13:45-46).
About this Plan

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling deur Suid-Afrikaanse skrywer Dave Strehler uit sy dagboek ELKE DAG SAAM MET JESUS © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Related Plans

Learning About Love With St. Valentine

Fuel the Fire Pt 2

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Getting Dating Right

Ready as You Are

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's
