7 Wonderwerke van JesusSample

DIE JONG MAN VAN NAIN
Jesus het na die dorpie Nain gegaan. Die dissipels en die groot skare het saamgegaan. Toe hulle naby die dorp se hek kom, is daar mense besig om ’n dooie man uit te dra. Hy was die enigste seun van ’n weduwee. Toe Jesus haar sien, het Hy haar baie jammer gekry. “Moenie huil nie,” het Hy gesê.
Daarna het Jesus na die draagbaar geloop en dit aangeraak. Die mense wat die dooie man gedra het, het gaan staan. Toe sê Jesus: “Jong man, Ek sê vir jou, staan op!” Die dooie man het regop gesit en begin praat en Jesus het hom aan sy ma teruggegee. Almal was verstom en het God geloof. Hulle het gesê: “God het gekom om sy mense te help.” Die nuus omtrent Jesus het na die hele gebied versprei.
Hierdie jong man was die eerste persoon wat deur Jesus uit die dood opgewek is. Jesus het dit nie gedoen om gewild te word onder die mense of om te spog met sy krag nie. Hy was lief vir die weduwee en het baie jammer vir haar gevoel. Jesus gee ook vir ons op hierdie manier om. Wanneer ons hartseer is, voel Hy dit; wanneer ons seer het, weet Hy dit en verstaan Hy.
IETS OM OOR NA TE DINK: Jesus het gesterf sodat ons eendag kan opstaan en die ewige lewe kan hê.
FEIT: Die eerste persoon wat in die Bybel genoem word wat uit die dood opgewek is, was ook die seun van ’n weduwee (1 Konings 17:17-24).
About this Plan

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling deur Suid-Afrikaanse skrywer Dave Strehler uit sy dagboek ELKE DAG SAAM MET JESUS © Christelike Uitgewersmaatskappy.
More
Related Plans

Learning About Love With St. Valentine

Fuel the Fire Pt 2

The Bible for Young Explorers: Mark

Still Standing

Getting Dating Right

Ready as You Are

The Novelty Detox for Lent: Letting Go of Novelty and Being Present in the Everyday

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Art in Scripture: The Earth Is the Lord's
