’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor HudsonSample
Ons diepste verlange
Dit is ’n sin wat ons dikwels hoor: “Iets kort.” Gewoonlik hoor ons dit by dié wat op die oog af niks kortkom nie. Hulle het dalk ’n gesin, ry met ’n mooi kar, gaan gereeld met vakansie, geniet goeie vriendskappe, verdien baie geld, en tog is daar ’n aanhoudende stemmetjie wat vir hulle fluister oor die leegheid in hul siel.
Wanneer ons ook al hierdie woorde hoor, herinner dit ons aan een deurslaggewende verlange wat onderliggend is aan al die ander. Hierdie diepste verlange is na God. Diep in ons hart, onder al die ander begeertes en hunkerings, is hierdie aanhoudende en intense verlange om God in ons lewe te ken. Ons moenie verbaas wees nie. Ons is gemaak deur liefde, in liefde, vir liefde. Ons is Goddelik ontwerp vir ’n Goddelike verbintenis. God het ons vir Homself gemaak. Soos St. Augustinus gesê het: “Ons hart sal altyd rusteloos wees totdat dit rus gevind het in God.”
Lees Psalm 63:2–3 vir ’n glimp van ons rustelose en hunkerende hart. Hierdie diepste verlange is ons buskaartjie huis toe.
Plaas jou hand op jou hart, voel jou hartklop en bid hierdie eenvoudige woorde: “Here, laat my verlange na U ontvlam.” Jy mag dit dalk van waarde vind om hierdie woorde ’n paar keer tydens jou stiltetyd te bid. Laat ’n rukkie stilte toe tussen elke gebed, sodat die woorde rus kan vind in jou verlange na God. Asem God se liefde in wat ons omring.
Scripture
About this Plan
Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.
More