YouVersion Logo
Search Icon

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor HudsonSample

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

DAY 3 OF 5

In afsondering, stilte en stilwees

Woestyne is plekke van afsondering, stilte en stilwees. Sonder hierdie drie dinge is dit byna onmoontlik om te groei tot ’n lewe van luister na God. Kom ons dink kortliks oor elkeen van hulle. 

Ons verkry afsondering wanneer ons ’n plekkie kry waar ons alleen saam met God en onsself kan wees. Ons raak stil wanneer ons nie praat nie en bewus raak van wat om en in ons gebeur. Ons ervaar stilheid wanneer ons ons besige gedagtes kalmeer en al hoe meer bewus raak van God se teenwoordigheid in ons hart. Al drie hierdie bestanddele moet teenwoordig wees as ons wil leer om na God te luister. 

Wanneer ons praat oor die nodigheid van afsondering, stilte en stilwees, moet ons onthou dat ons nie probeer ontsnap of weghardloop vir die lewe deur hierdie dinge te beoefen nie. Inteendeel, ons sal vind dat hulle ons lei tot ’n beter en baie doeltreffender betrokkenheid by die lewe. Ons begin leef met ’n baie dieper bewustheid van God wat deur die dag by ons is. Dit is een rede waarom Jesus Hom dikwels na die afsondering en stilte van die woestyn onttrek het.

Gaan op jou bepaalde tyd na jou “woestynplek”. Nadat jy jou gebedsversoek gebid het soos hierbo aanbeveel word, word vir ’n paar minute stil. Wees sorgsaam teenoor jouself terwyl jy dit doen. Dit is nie maklik om te doen nie. Wanneer jy innerlik rustig is, lees die verhaal van Jesus se woestyn-versoekings ’n paar keer aandagtig (sien Matteus 4:1–11). Vra jou dan die volgende twee vrae: Wat sê God vir my deur hierdie verhaal? Hoe moet ek daarop reageer? Deel jou gedagtes en gevoelens oor hierdie vrae in gebed met God.

Day 2Day 4

About this Plan

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson

Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.

More