YouVersion Logo
Search Icon

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van RensburgSample

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg

DAY 5 OF 5

Goedhartigheid, gierigheid se teenvoeter

Beste en slegste

Gee elkeen ’n kans om oor die beste en slegste oomblik van elkeen se dag te gesels.

Waar het jy Jesus vandag ontmoet?

Gesels met mekaar oor waar elkeen vandag vir Jesus ontmoet het, of oor iets of iemand wat jou aan Hom laat dink het.

• Watter venster maak die gedeeltes vir jou oop op God?

• Watter deur maak die gedeelte oop vir jou?

• Wat vra die Here dat jy moet doen?

Gedagte vir die dag

Goedhartigheid beteken nie net dat jy sal gee wat jy het nie maar ook dat jy sal gee wat jy is. Ons ouer mense is almal gek na Dennis the Menace. Een van sy strokiesprente vertel ons van goedhartigheid.

Dennis is ’n ondeunde seuntjie wat inderdaad ’n irritasie was vir sy bure, mnr. en mev. Wilson. Mnr. Wilson is erg gefrustreerd met Dennis, maar mev. Wilson bly die vriendelikheid en goedhartigheid self.

Die spesifieke strokiesprent wys hoe Dennis en sy maatjie Joey mev. Wilson se huis verlaat met hande vol koekies! Joey sê dan vir Dennis: “Ek wonder wat het ons gedoen om dit te verdien.” Dennis antwoord dan: “Kyk, Joey, mev. Wilson gee nie vir ons koekies omdat ons goed is nie, maar omdat sy goed is!”

Dis wat die Bybel ons leer – God is goed, daarom oorlaai Hy ons met goedheid en dis presies wat Titus 3:4–5 verduidelik. Daarom kan ons Christene ook goed wees soos ’n mev. Wilson met die Dennis the Menaces van die wêreld!

Doen saam

Besluit saam watter mense in die straat, kompleks, buurt (of kerk) julle nog nie goed ken nie. Wend ’n poging aan om met hulle kontak te maak. Neem vir hulle iets lekkers saam as ’n teken van jul goedhartigheid. Bak sommer saam koekies of beskuit.

Gebed

Almagtige God, alleroorvloedige fontein van alles wat goed is, vergewe my. Ek is skaam dat daar binne in my saadjies van gierigheid, gemeenheid, haat en vooroordeel is. Maak my vry daarvan. Gee dat ek deur u Gees u vrug in my sal ontdek, sodat ek enduit getrou sal strewe om u goedhartigheid in my uit te leef. Ek bid dit in Jesus Christus se naam. Amen.

Leef jou geloof

As julle as gesin weer kruideniersware koop, koop ’n ekstra paar eetgoedjies wat jy aan die hawelose op die hoek van die straat kan gee of aan iemand anders wat swaarkry.

Net vir ouers

Verras jou kind met ’n spesiale oomblik net tussen julle twee, soos om ’n melkskommel saam te gaan drink. As jy meer as een kind het, doen dit met elkeen afsonderlik.

Day 4

About this Plan

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar Deur Ewald & Beatrix van Rensburg

Hierdie leesplan is ideaal vir die hele gesin en sal lesers herinner aan die belangrikheid om die Here in alles wat hulle doen, in te sluit. Elke dagstuk sluit in die geleentheid om oor die dag te kan praat, ’n gedagte vir die dag, ’n gebed, ’n “doen saam” projek en ’n Bybelvers. Die inhoud is gebaseer op Ewald en Beatrix van Rensburg se “Nader aan God, nader aan mekaar”.

More