YouVersion Logo
Search Icon

Verlosser - Die Belofte VervulSample

Verlosser - Die Belofte Vervul

DAY 11 OF 29

Lees: Galasiërs 4:4-7, 1 Petrus 1:17-21

SOAP: Galasiërs 4:4-5

Kom ons leer vandag twee terme wat ons baie gebruik, maar ​​nie altyd heeltemal verstaan nie: verlossing en aanneming.

Die woord verlossing beteken "om los te koop." Die term is spesifiek gebruik met verwysing na die koop van 'n slaaf se vryheid. Die toepassing van hierdie term op Christus se Kruisdood is kragtig. As ons "verlos" is, is ons vorige toestand een van slawerny. God het ons vryheid gekoop, en ons is nie meer slawe van die sonde of die Ou Testamentiese wet nie. Jesus het die prys betaal vir ons vrylating van sonde en die gevolge daarvan. Sy dood was 'n ruiling vir ons lewens. Trouens, die Skrif is duidelik dat verlossing slegs moontlik is "deur sy bloed", dit wil sê deur Jesus se dood (Kolossense 1:14).

Wanneer ons die evangelie hoor, ons sondes bely, en ons geloof en vertroue plaas in Jesus Christus, word ons op daardie oomblik in God se koninkryk gebore. Ons word aangeneem as sy kinders en word vir ewig erfgename saam met God. (Romeine 8:14-17).

Ons is vrygemaak. Ons is erfgename.

Hierdie twee begrippe behoort die manier waarop ons leef te beïnvloed. Leef ons asof ons vry is van sonde? Of is ons steeds slawe daarvan? Leef ons as erfgename? As dogters met regte en verpligtinge binne die familie van Christus? Of leef ons soos ons wil, maar probeer om die erfenis steeds te geniet? Kom ons kyk vandag of ons harte en gedagtes deurweek is met hierdie twee konsepte en kom ons maak hulle deel van ons Kersfeesvieringe.

Almagtige God, ek weet dat ek u dogter is - U, die Here van die Here en Koning van die Konings. Help my om elke dag as u aangenome dogter te leef. Help my om te onthou dat my verlossing teen die groot prys van 'n glorieryke uitruiling gekom het. Amen.

Mini uitdaging: Maak die Kruis 'n deel van jou Kersfeesversierings deur takke, hout, papier, gare te gebruik ... enigiets wat jy kan vind en in jou huis tentoonstel.

Day 10Day 12

About this Plan

Verlosser - Die Belofte Vervul

Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.

More