Verlosser - Die Belofte VervulSample
Lees: Filippense 2:5-8
SOAP: Filippense 2:7-8
Stel jou voor dat jy die magtigste persoon in die wêreld is. Daar is niks wat jy nie kan doen nie. Elke president van elke nasie en wêreldwye organisasie gehoorsaam jou opdragte. Jy het alles, en daar is geen behoefte waarin jy nie kan voorsien nie. Jy kan doen net wat jy wil. Dink nou daaraan dat jy hierdie posisie vrywillig afstaan om 'n eenvoudige, soms selfs moeilike lewe te lei. Dit is, in ‘n beperkte mate, wat ons in vandag se verse sien.
Hierdie gedeelte staan bekend as die "kenosis" of "lediging" van Christus, die leerstelling van Christus se selflediging in sy inkarnasie. Die Griekse woord "kenosis" beteken letterlik om leeg te maak. Dit kom van die Griekse woord "kenos", wat beteken 'n plek of 'n houer wat niks bevat nie.
Jesus se lewe het nie in die krip begin nie. Hy het van altyd af bestaan. Maar, deur as kind gebore te word, deur Homself as 'n mens te inkarneer, het Hy besluit om Homself te ledig om 'n menslike vorm aan te neem. Hoekom sou Hy dit doen? Omdat Hy aan die Kruis moes sterf en sy bloed vergiet vir die vergifnis van die sondes van die hele mensdom. Om te sterf, moes hy gebore word.
Jesus het mensheid by sy godheid gevoeg en so vir ons die fundamentele voorbeeld van nederigheid gestel. Hy is in die openbaar bespot, beskaamd en verneder. Hy het versoeking verduur, was honger, dors en moeg. Hy het gekies om te ly en te sterf. Hoe durf ons aan onsself dink as beter as enigiemand anders? Jesus het Homself geledig terwyl ons probeer om ons met soveel moontlik dinge te vul. Om hierdie verse te lees, is nederige genesing vir my trotse hart.
Liewe Here, vergewe my vir die trots wat probeer om my hart te vul. Help my om Jesus se voorbeeld van nederigheid te volg. Help my om niks uit selfsugtige ambisie of verwaandheid te doen nie, maar in nederigheid ander meer te ag as myself. Amen.
Mini uitdaging: Hê 'n opregte gesprek met 'n vriend of familielid oor nederigheid. Hoe kan ons dit op ‘n daaglikse basis beoefen? Hou ‘n dinkskrum oor 'n paar praktiese idees.
Scripture
About this Plan
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
More