Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Wees Sterk en StandvastigEjemplo

Wees Sterk en Standvastig

DÍA 7 DE 10

God se rotsvaste liefde

God se krag help jou om dinge te doen wat jy nooit op jou eie sou kon regkry nie. Jy kan die sterkste aanslae weerstaan en selfs in staat wees om groot hindernisse te oorkom.

Jy kan sonder vrees lewe, want jy kan staatmaak op God se rotsvaste liefde en verlossing. Hy belowe om sy krag te gebruik om jou te beskerm en jou te help om die onmoontlike reg te kry.

Voel dit of jy meer krag nodig het? Het jy die moed om God te vra vir sy krag?

Día 6Día 8

Acerca de este Plan

Wees Sterk en Standvastig

Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.

More