Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Wedstryd Van Die LeweMuestra

Wedstryd Van Die Lewe

DÍA 3 DE 10

God se span en spankeuses

Wie is goed genoeg om in God se span te speel? Wie maak dit en wie maak dit nie? Hoe kan jy weet? Hoop jy maar net en hou styf duim vas dat jy wel al die tyd in sy span was en daarom toegang tot die hemel en die ewige lewe het? Hoop jy dat jy genoeg goeie dinge doen en min genoeg van die slegte sodat Hy jou wel sal toelaat in sy span?

Wat is sy slaagsyfer? As ’n mens lees wat staan in Matteus 5:48, kan jy nogal bekommerd wees: “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” As dit God se standaard is om sy span te haal, besef jy dalk dat jy in die moeilikheid is … en ek (en die res van die mensdom) saam met jou! Dit is mos onmoontlik, onbillik, onregverdig en sommer alles wat “on” nog kan wees. Maar daar is ’n ander kant aan die manier en metodes wat God gebruik om sy span te kies.

Hy is die hoof-Keurder en die hoof-Afrigter, maar nie een of ander slawedrywer wat groter, beter en meer prestasie van jou verwag nie. Nee, Hy weet jou beste pogings kan nooit genoeg wees om sy span te kan haal nie. 

Efesiërs 2:8 sê: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God.” In Engels word “gawe” vertaal met die woord gift. Redding, om gekies te word in God se span, is dus ’n geskenk! Dit word vir jou aangebied. Dis vir jou om dit te aanvaar. God gee dit vir jou! God het geweet niks wat jy doen, kan jou in sy span kry nie. 

Daarom – omdat Hy Hom oor jou ontferm, omdat Hy deernis het met jou gebroke menswees, omdat Hy ’n innige liefde vir jou het – het Hy besluit om op te tree. Daarom het Hy besluit om iets van sy kant te doen. Daarom het Hy tot aksie oorgegaan en vir Jesus aarde toe gestuur om in my en jou plek wreed aan ’n kruis te sterf om ons van ons sondedood te red. 

Jy word vrygespreek, en só word jy deel van God se span. God se span bestaan uit mense wat God se liefdesdaad van sy Seun aan ’n kruis in my en jou plek aanvaar.  

Día 2Día 4

Acerca de este Plan

Wedstryd Van Die Lewe

Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.

More