Wedstryd Van Die LeweMuestra
Ken jou Afrigter
In my lewe het ek al met baie afrigters te doen gekry, hetsy as speler of mentor en motiveerder van sportspanne. Die meeste afrigters is fantastiese mense en weet hoe om die beste uit hulle span te haal.
Die belangrikste eienskap van God as jou Afrigter is sy onvoorwaardelike liefde vir jou. Niks wat jy doen, kan sy liefde vir jou meer of minder maak nie. Geen sonde of prestasie laat sy liefde wankel nie. 1 Johannes 4:16 sê so mooi: “Ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.” Mense sukkel vandag om God se onvoorwaardelike liefde te verstaan en te aanvaar. Dit is omdat ’n mens vir alles in die lewe betaal. Niks is meer verniet nie. Maar God deel sy liefde en genade onvoorwaardelik en onverdiend uit. Dis daar om te vat en jou eie te maak. Hy het sy liefde vir jou aan die kruis bewys. Hou op om te probeer verdien en laat toe dat God jou verras met sy onvoorwaardelike liefde en genade.
As jou Afrigter is God altyd by jou. Hy stap elke tree saam met jou. Jy kan jou beste tye met Hom deel en in jou slegste en swaarste tye jou hart teenoor Hom uitpraat. Hy sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie.
Jou Afrigter het jou met Hom versoen. Hy is jou liefdevolle Vader wat gekies het vir ’n verhouding met jou. Niks kan jou van sy liefde en Vaderskap skei nie.
Jy is geseën met wonderlike gawes en talente – ja, jy kan maar weet Hy slaan niemand oor nie. Hy vra wel dat jy jou gawes en talente sal ontdek en dit tot sy eer gebruik. Al voel jy jy maak dit nie of al voel jy swak en moeg. Jou Afrigter is die Een wat jou krag gee as jy swak is. Hy is die Een wat op sy sterkste is wanneer jy op jou swakste is. Hy kan selfs jou swakhede gebruik, nie net wanneer jy op jou heel beste met jou talente en gawes presteer en floreer nie.
Kyk op na God ten spyte van jou swakhede en laat toe dat Hy jou gebruik. Jy is goed genoeg omdat God by jou is en jou sal help.
Escrituras
Acerca de este Plan
Die lewe en sport het baie raakpunte. Dit vra harde werk, oefening en toewyding om ’n wenner in sport te wees – en so ook in die lewe. Maak God die “afrigter” van jou lewe. Doen die spel van die lewe saam met God in sy span – dit maak jou ’n wenner! Hierdie leesplan is saamgestel uit WEDSTRYD VAN DIE LEWE deur Johan Smith en Jan Willem Swanepoel.
More