Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

MarkusMuestra

Markus

DÍA 8 DE 43

Oordenkingsvrae:

  1. Is daar 'n verskil tussen Jesus se bereidwilligheid om te genees en sy vermoë om te genees? Wat is vir jou moeiliker om te glo, dat Jesus bereid is om jou te help, of dat Hy in staat is om jou te help?
  2. Waarom is die sabbat vir die mense ingestel? Waarom is dit vir ons belangrik om steeds die sabbat te onderhou, alhoewel ons nie onder die Ou Testamentiese Wet is nie?
  3. Waarom was dit vir Jesus belangrik om op die sabbatdag siekes te genees? Hoe het hierdie genesings en sy verduidelikings daarvan, bewys wie Hy is?
  4. Waarom het Jesus bose geeste beveel om nie sy identiteit bekend te maak nie? Waarom was dit belangrik dat sy identiteit vir 'n tyd lank verswyg moes bly?
  5. Waarom het Jesus dissipels geroep? Waarom het Hy aan hulle die mag gegee om te preek en demone uit te dryf?
Día 7Día 9

Acerca de este Plan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More