MarkusMuestra
Lees: Markus 14:1–21
SOAP: Markus 14:8–9
Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. Dit verseker ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot herinnering aan haar.
Oordenking
Ons weet uit ander evangelies dat die vrou wat Jesus gesalf het, Maria van Betanië, die suster van Lasarus en Marta, was. Dit is dieselfde Maria wat by Jesus se voete gesit het en wat gretig was om na al sy woorde te luister (Luk. 18:38-42).
Maria het gesien watter magtige werke Jesus in haar lewe verrig. Hy het haar waardig behandel en het haar die geleentheid gegee om van Hom te leer, iets waarvan vroue in die eerste eeu dikwels ontneem was. Maria het geweet dat Jesus die opstanding en die lewe was; sy het gesien hoe Jesus haar broer uit die dood opwek (Joh. 11:43-44).
Maria het geweet wie Jesus was. Sy het geweet wat Hy werd was. Sy het gesien hoe Hy haar lewe verlos en op onverklaarbare wyses vir haar sorg. Haar geloof was in Hom. Sy het haar geloof, haar lewe, haar hart, alles wat sy gehad het, by Jesus se voete gaan neerlê. Jesus het haar toewyding geseën. Dit was nie ‘n vermorsing nie. Dit was ‘n pragtige eer.
Hy het dieselfde vir ons gedoen. Hy het ons harte, ons lewens en ons omstandighede verlos. Hy het in ons verlede, ons hede en ons toekoms voorsien. Mag ons Jesus liefhê en Hom eer op dieselfde manier as wat Maria gedoen het: met alles wat ons het.
Gebed
Here, gee vir my ‘n toewyding soos dié van Maria. Ek het gesien watter merkwaardige werke U in my lewe verrig. Leer my hoe om U met alles wat ek het te aanbid, dien en eer. In u Naam, amen.
Escrituras
Acerca de este Plan
Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!
More