Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

MarkusMuestra

Markus

DÍA 40 DE 43

Lees: Markus 15:1–32 

SOAP: Markus 15:25–27

En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het. En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe, “Die Koning van die Jode.” Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.”

Oordenking 

Die Jode wou ‘n koning hê. ‘n Paar dae vantevore het hulle Jesus geloof toe Hy Jerusalem binnekom. Hulle uitroepe van “Hosanna!” het Jesus gesmeek om hulle te red soos net ‘n koning dit kan doen. Hulle wou hê dat Jesus hulle koning moes wees, tog het hulle Hom verwerp en gekruisig. Nogtans het Jesus vir Pilatus gesê dat Hy die Koning van die Jode was.

Jesus het nie gekom om te regeer nie, maar om te red. In plaas daarvan om eer, gesag en posisie op te eis, het Hy Homself verneder. Hy het nie opgetree soos die koning wat hulle voorgestel het nie en daarom het hulle Hom verwerp. Hulle het Hom weggelei om soos ‘n dier geslag te word.

Die Koning van die Jode verskil van enige ander koning in die verlede. Hierdie Koning het vir sy volk gely. Hierdie Koning het Homself verneder tot die dood toe. Hierdie Koning het medelye gehad met diegene wat Hom onreg aangedoen het en hierdie Koning alleen kan red. Wie is Jesus? Hy is die Koning van die Jode. Hy die Koning van alle konings. Mag ons lewens niks anders as eer en dankbaarheid vir ons Koning inhou nie.

Gebed 

Vader, U is Koning. U is die Koning van konings en Heer van here. U alleen het Uself geoffer om die wêreld te red. U het u lewe as ‘n offer gegee. Ek het niks om aan U terug te gee nie. Help my om U met my lewe te eer, want U is dit waardig. In die Naam van Jesus, Amen.

Día 39Día 41

Acerca de este Plan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra die outeur: “Waar is jou geloof?” As jy daarna smag om 'n vaste geloof te hê in wie Jesus is en wat Hy kan doen, is hierdie Bybelstudie vir jou!

More