Logo de YouVersion
Ícono Búsqueda

Perfek soos jy nou isEjemplo

Perfek soos jy nou is

DÍA 10 DE 14

Hoe God oor jou voel

God weet alles van jou. Hy weet wanneer jy sit en wanneer jy staan. Hy verstaan wat jy dink en weet alles wat jy doen. God weet wat jy gaan sê nog voordat jy dit sê. Niks kan jou van God se liefde vir jou skei nie. Hy het elke deeltjie van jou geskep. Hy het jou besonder wonderlik geskep.

God het jou al voor jou geboorte gesien en al jou dae in sy boek neergeskryf. God se gedagtes oor jou is kosbaar en Hy dink meer dikwels aan jou as wat daar sandkorrels op die aarde is. God weet presies hoeveel hare daar op jou kop is.

God het jou onvoorwaardelik lief. Deur Jesus Christus sien God jou as volmaak en rein.

ONTHOU: As God ons dan so spesiaal gemaak het, hoe kan ons dan nié in onsself glo nie?

Día 9Día 11

Acerca de este Plan

Perfek soos jy nou is

Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities is oor jouself. Gee jou selfvertroue ’n hupstoot in 14 dae saam met Rolene. Hierdie plan is saamgestel uit Rolene Strauss se dagboek VANUIT DIE HART.

More