1
EFÉSIËRS 6:12
Afrikaans 1933/1953
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Comparar
Explorar EFÉSIËRS 6:12
2
EFÉSIËRS 6:18
terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Explorar EFÉSIËRS 6:18
3
EFÉSIËRS 6:11
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Explorar EFÉSIËRS 6:11
4
EFÉSIËRS 6:13
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
Explorar EFÉSIËRS 6:13
5
EFÉSIËRS 6:16-17
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God
Explorar EFÉSIËRS 6:16-17
6
EFÉSIËRS 6:14-15
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
Explorar EFÉSIËRS 6:14-15
7
EFÉSIËRS 6:10
EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
Explorar EFÉSIËRS 6:10
8
EFÉSIËRS 6:2-3
Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte — sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
Explorar EFÉSIËRS 6:2-3
9
EFÉSIËRS 6:1
KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
Explorar EFÉSIËRS 6:1
Inicio
Biblia
Planes
Videos