Logo YouVersion
Ikona vyhledávání

Hoop vir VandagUkázka

Hoop vir Vandag

DEN 1 z 10

Die regte pad 

Die psalmdigter bid dat God hom op ’n gelyk pad sal laat loop. Hy vestig sy hoop op God, want hy weet God die Vader maak vir sy kinders ’n plek in die hemel gereed. 

Ons almal hoop dat ons pad gelyk en probleemvry sal wees. Vestig jóú hoop op God en sien elke dag sy wonders om jou opnuut raak. Bly naby Hom, dan sal Hy vir jou die regte pad aandui. Hy het jou lief en daarom gee Hy om wat met jou gebeur.

Die lewe is óf ’n groot avontuur, óf dit is niks. (HELEN KELLER)

Den 2

O tomto plánu

Hoop vir Vandag

Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.

More