Logo YouVersion
Ikona vyhledávání

Hoop vir VandagUkázka

Hoop vir Vandag

DEN 9 z 10

Moenie moedeloos wees nie 

Niemand van ons het elke dag ewe veel moed nie. Soms is ons omstandighede so hopeloos dat ons met die beste wil in die wêreld dit nie kan regkry om op God te bly hoop nie. 

Voel jy vandag asof jou knieë wil knak? As jy vir God ken, hoef jy nooit moedeloos te wees nie. Hy kan jou uit elke moeilikheid red en vir jou elke dag nuwe moed en krag gee. Wees dus sterk, moenie bang wees nie, jou God is hier!

Hou moed en wees dapper! (DEUTERONOMIUM 31:6)

Den 8Den 10

O tomto plánu

Hoop vir Vandag

Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.

More