Logo YouVersion
Ikona vyhledávání

Hoop vir VandagUkázka

Hoop vir Vandag

DEN 3 z 10

God is getrou aan sy beloftes 

Dié mense wat op God bly hoop, hou vas aan die versekering dat God absoluut getrou is aan elkeen van sy beloftes. Hulle kry dit reg om selfs in swaarkrytye nie hulle hoop te verloor nie. 

Wanneer daar tye aanbreek wat jy nie een van hierdie beloftes in jou lewe kan sien waar word nie, kan jy steeds aan God se beloftes vashou. Bly hoop op God. Hy is getrou, Hy sal elkeen van sy beloftes vir jou op die regte tyd in vervulling laat tree. Vertrou Hom daarvoor.

Daar is geen hooplose situasies in die lewe nie. Daar is net mense wat hooploos omtrent hulle geraak het. (CLAIRE BOOTH LURA)

Den 2Den 4

O tomto plánu

Hoop vir Vandag

Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.

More