YouVersion Logo
Search Icon

Job 8

8
Bildad praat met Job
1Bildad van die land Suag het begin praat. Hy het vir Job gesê:
2“Hoe lank wil jy aanhou
om hierdie dinge te sê?
Wanneer jy praat,
dan is dit soos 'n sterk wind wat waai.
3God, die Almagtige, doen net
wat reg is.
4As jou kinders sonde gedoen het teen Hom,
dan het Hy hulle gestraf oor hulle sonde.
5Jy moet vir God, die Almagtige, vra
om genadig te wees vir jou.
6As jy regtig onskuldig en eerlik is,
ja, dan sál Hy luister na jou
en Hy sal weer vir jou die dinge gee
wat jy moet kry.
7Toe jy begin het, het jy min gehad,
maar jy sal baie kry.
8Vra vir mense wat ouer is as jy,
vra hoe dit gegaan het
met hulle voorvaders.
9Want ons wat gister gebore is,
ons weet niks,
ons lewe op die aarde gaan gou verby,
soos 'n skaduwee.
10Die ouer mense sal vir jou leer,
hulle sal vir jou sê wat hulle weet.
11 Riete groei net waar die grond nat is,
hulle groei waar daar water is.
12As daar nie water is nie,
dan word die riete droog
voordat die gras droog word,
die riete word droog voordat dit groot is,
voordat 'n mens dit kan afsny.
13So gaan dit met 'n mens
wat vir God vergeet.
'n Mens wat nie vir God wil dien nie,
kan niks hoop nie.
14Hy is soos iemand wat dink dat hy
aan 'n dun draadjie kan hang,
soos iemand wat dink 'n spinnerak
kan sy huis wees.
15As hy teen so 'n huis wil lê,
dan gly die huis weg,
as hy daaraan wil vashou,
dan is dit nie daar nie.
16Hy is soos 'n jong plant in die son.
Die plant se blare hang oor die tuin,
17en sy wortels gaan
tussen hope klippe in,
dit groei vas aan die klippe.
18Maar wanneer iemand die plant uittrek,
dan sê die mense: ‘Ons het die plant
nooit gesien nie.’
19Hy het min gehad waaroor hy bly kon wees,
en daar groei ander plante uit die grond.
20Jy moet weet, God sal nie 'n mens los
wat heeltemal reg doen nie,
en Hy sal nie slegte mense help nie.
21Hy sal jou weer gelukkig maak,
Hy sal jou laat sing omdat jy bly is.
22Dit sal sleg gaan met die mense
wat vir jou haat,
die huis van mense wat verkeerd doen,
sal nie bly staan nie.”

Currently Selected:

Job 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in