YouVersion Logo
Search Icon

Job 7

7
Job sê hy kan niks hoop nie
1“'n Mens moet hard werk op die aarde,
sy dae is so lank soos 'n dagloner se dae.
2'n Mens is soos 'n slaaf wat wens
dat hy in die skaduwee kan kom,
hy wag vir sy beloning, soos 'n dagloner.
3So het God vir my ook maande
en nagte lank laat swaarkry.
4Wanneer ek gaan lê, dan vra ek:
‘Wanneer kan ek opstaan?’
Maar die nag is lank, en ek hou aan
om rond te rol totdat dit lig word.
5My hele liggaam is vol wurms en stof,
my vel bars, en die vuil bloed vloei daaruit.
6My dae gaan vinniger verby as 'n wewerspoel,
my lewe is amper verby, ek kan niks hoop nie.
7Onthou, my lewe is soos die wind,
dit sal nie weer goed gaan met my nie.
8Die oë wat my nou sien,
sal my nie weer sien nie.
Terwyl julle kyk na my,
sal ek skielik nie meer daar wees nie.”
Job vra hoekom God hom nie los nie
9“'n Wolk word kleiner en dit verdwyn.
So verdwyn iemand wat sterf,
hy kom nie op uit die doderyk nie.
10Hy kom nie terug na sy huis nie,
die mense van sy woonplek
onthou hom nie meer nie.
11Daarom kan ek nie my mond hou
en stilbly nie,
ek moet praat, want ek kry swaar.
Ek moet kla, want dit gaan sleg met my.
12Is ek regtig so gevaarlik soos die see
of soos 'n watermonster?
Ek vra dit, want U staan wag by my.
13Wanneer ek dink dat dit beter
sal gaan met my as ek op my bed gaan lê,
en dat ek dan nie so sleg sal voel nie,
14dan laat U my skrik
vir die dinge wat ek droom,
dan laat U my bang word
vir die dinge wat ek sien
wanneer ek droom.
15Dit sal vir my beter wees
wanneer iemand my verwurg.
Dit is beter vir my om dood te wees
as om so te lewe.
16Ek haat dit om so te lewe,
ek wil nie aanhou lewe nie.
U moet my los,
my lewe is nie soos dit moet wees nie.
17Hoekom is 'n mens vir U belangrik,
hoekom dink U aan hom?
18Hoekom kyk U elke dag wat hy doen,
hoekom hou U aan om hom te toets?
19Hoekom kyk U nie weg van my nie,
hoekom los U nie vir my nie?
Gee vir my tyd sodat ek my spoeg kan insluk!
20As ek sonde gedoen het,
wat kan ek aan U doen,
U wat aanhou kyk
wat 'n mens doen?
Hoekom het U my geskiet,
hoekom wil U my nie meer dra nie?
21Hoekom vergewe U nie my sonde nie,
hoekom vergeet U nie
dat ek verkeerd gedoen het nie?
Ek sal nou in die stof gaan lê,
ek sal sterf, en U sal my soek,
maar ek sal nie daar wees nie.”

Currently Selected:

Job 7: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy