YouVersion Logo
Search Icon

Job 9

9
Job sê hy is onskuldig maar God hou aan om hom seer te maak
1Job het weer gepraat. Hy het gesê:
2“Ja, ja ek weet dit is so.
Hoe kan 'n mens regverdig wees voor God?
3As iemand met God hof toe wil gaan,
dan sal hy nie vir God kan antwoord nie,
nie een maal nie,
ook as God 1 000 vrae vir hom vra.
4God het wysheid en Hy is baie sterk.
Wie was opstandig teen Hom
en het geslaag?
Niemand.
5Hy skuif berge, en hulle weet dit nie,
Hy gooi berge om wanneer Hy kwaad is.
6Hy skud die aarde, dit bly nie waar dit is nie,
en die pilare van die aarde bewe.
7Wanneer Hy sê die son moet ophou
om te skyn, dan hou dit op om te skyn.
Hy laat ook die sterre stilstaan.
8Net Hy trek die hemel styf soos 'n tent,
net Hy loop op die branders van die see.
9Hy het die Beer en Orion gemaak,
die Sewe-ster en die sterre wat suid in die lug is.
10God doen groot dinge, mense verstaan dit nie,
Hy doen so baie wonderwerke
dat niemand dit kan tel nie.
11Julle moet dit weet:
Wanneer Hy by my verbygaan,
dan kan ek Hom nie sien nie.
Wanneer Hy verder loop,
dan weet ek dit nie.
12Ja, wanneer Hy iets wil wegvat,
dan kan niemand Hom keer nie.
Wie mag vir God vra: ‘Wat doen U nou?’
13Hy hou nie op om kwaad te wees nie,
almal wat vir Rahab wou help,
moes buig voor Hom.
14Hoe kan ek Hom antwoord?
Wat moet ek sê
wanneer ek met Hom praat?
15Ek is onskuldig,
maar ek kan Hom nie antwoord nie.
Ek kan net bid dat Hy, my Regter,
genadig sal wees vir my.
16As ek geroep het, en Hy het my geantwoord,
dan sal ek nie glo dat Hy luister na my nie.
17Hy druk my stukkend met 'n stormwind,
Hy hou aan om my seer te maak,
maar ek het nie verkeerd gedoen nie.
18Hy gee nie vir my tyd om
weer asem te kry nie,
Hy laat my meer en meer swaarkry.
19Wanneer ons kyk wie is die sterkste,
dan sien ons dat Hy die Een is wat sterk is.
Wanneer ons kyk wie reg gedoen het,
wie kan dan hof toe gaan met Hom?
Niemand.
20Ek is onskuldig, maar alles wat ek sê,
wys dat ek skuldig is.
Ek het heeltemal reg gelewe,
maar Hy sê ek is skuldig.
21Ek het heeltemal reg gelewe,
maar nou ken ek myself nie,
ek is jammer dat ek lewe.
22Dit is alles dieselfde,
daarom sê ek:
God verwoes almal,
die mense wat reg gelewe het
én ook die mense wat verkeerd
gelewe het.
23Wanneer daar skielik
'n slegte ding gebeur,
dan sterf onskuldige mense,
maar God lag daaroor.
24Hy laat mense wat verkeerd doen,
regeer oor die aarde.
Hy keer sodat die regters
nie kan sien wat verkeerd is nie.
As dit nie Gód is wat dit doen nie,
wie doen dit?”
Job sê daar is niemand wat kan besluit of God reg is en of Job reg is nie
25“Die dae van my lewe gaan vinniger verby
as iemand wat hardloop,
hulle is verby voordat ek iets kon geniet.
26Hulle gaan so vinnig verby
soos bote van biesies,
soos 'n aasvoël wat afduik na sy kos.
27Wanneer ek sê ek wil ophou om te kla,
ek wil glimlag en vrolik wees,
28dan word ek bang oor al my pyn,
want ek weet U sal nie sê dat ek
onskuldig is nie.
29U sal sê ek is skuldig,
hoekom sal ek dan aanhou probeer?
Dit help my niks.
30Wanneer ek my was met sneeuwater,
wanneer ek my hande skoon was met seep,
31dan sal God my weer in 'n moddergat gooi,
en ek sal so vuil wees dat my klere
nie aan my liggaam wil bly nie.
32Ja, Hy is nie 'n mens soos ek nie,
ek kan Hom nie antwoord nie,
ek kan nie vir Hom sê dat ons
hof toe moet gaan nie.
33Daar is niemand wat kan luister
na wat ons altwee sê nie,
niemand wat kan besluit wie is reg nie,
God of ek.
34Hy moet ophou om my te slaan,
Hy moenie aanhou om my
bang te maak vir Hom nie,
35dan sal ek kan praat
en ek sal nie bang wees vir Hom nie,
maar nou kan ek nie praat nie.”

Currently Selected:

Job 9: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in