Leesplan inligting

Een en dertig waarhede: Wie ek in Christus isVoorbeeld

Thirty-One Truths: Who I Am in Christ

DAG 1 VAN 58

INLEIDING



Efesiërs 1 en 2 kan ons begrip van wie ons in Christus is, vernuwe. Hoekom? Want dis die evangelie! Gebruik die volgende 31 dae om die gewoonte te kweek om die waarhede van hierdie hoofstukke in jou te vestig en word die persoon wat jy geroep is om te wees — maak die evangelie lewendig! Ek daag jou uit om daagliks elke gedagte gevange te neem en self te besluit of jy werklik volgens hierdie 31 waarhede dink, voel en lewe.



Moenie tou opgooi nie. Moet ook nie uitstel nie. Herinner jouself aan die krag wat jy in Christus gegee is en vervang enige onwaarhede met hierdie waarhede van Efesiërs — word drasties herskep deur die vernuwing van jou denke. Sien uit daarna om die res van jou lewe in die waarheid van wie jy in Christus is, te leef. Hy het gesterf sodat ons mag leef.



Waardeer sy lewe, krag en geregtigheid en beweeg in geloof aan in elke geestelike seëning wat jy in Christus ontvang het en verheerlik sy naam! Tydens die volgende weke, oordink biddend wie jy is en dank die Here. Stel jou voor hoe diegene naaste aan jou die geestelike seëninge wat jy ontvang, sal ervaar. Dankie Here, vir alles wat ons in Christus ontvang!



WIE EK IS IN CHRISTUS



'n Heilige

Getrou in Christus Jesus

Genade gegee

Lid van die liggaam van Christus gemaak

Vergifnis gegee

Vrede gegee

Geseën met elke geestelike seën

Uitverkies voor die grondlegging van die aarde

Heilig en onberispelik

Geliefd

Vooruitbestem vir aanneming

Aangeneem as kind

Verlos deur sy bloed

Vergewe van alle oortredinge

Oorlaai met genade

Kennis van die verborgenheid van sy wil gegee

Verseël met die Heilige Gees

'n Erflating gewaarborg

Geloof gegee

Hoop gegee

God se Krag gegee

Lewendig gemaak saam met Christus

Deur genade gered

Opgewek in Christus

Sit saam met Christus in hemelse plekke

'n Vertoon van God se genade/goedheid in die komende eeue

Die geskenk van saligheid gegee

God se vakmanskap

Geskape in Christus vir goeie werke

Nie meer 'n vreemdeling vir die verbonde van belofte nie

Naby gebring deur die bloed van Christus

Deel gemaak van een nuwe Mens (Jode met Nie-Jode)

Versoen met God

Toegang tot die Vader gegee

'n Medeburger saam met die heiliges

'n Lid van God se huishouding

'n Heilige tempel (verenig met ander gelowiges)

Opgebou om saam met ander gelowiges 'n blyplek vir God te wees.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Thirty-One Truths: Who I Am in Christ

‘n Kitsblik van ons nuwe identiteit in Christus soos uitgebeeld in Efesiërs 1 en 2. Hierdie leesplan deur "Thistlebend Ministries" sal ons aanmoedig om ons nuwe identiteit in Christus ten volle uit te leef.

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid