Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld
Lees: Filippense 2:5-11
SOAP: Filippense 2:9-11
Vriende, eendag sal ELKE knie buig tot eer van die naam bo alle name... Jesus. Nie net sal almal buig nie, maar almal sal bely dat Jesus Here is! Wat 'n glorieryke dag sal dit wees! Intussen het ons baie werk om te doen! Ons kan nooit ophou om uit te reik na 'n seer wêreld wat desperaat is om die Een te ken wat hierdie kragtige naam dra nie... Jesus! Nou is nie die tyd om weg te kruip of terug te hou nie. Dit is tyd om uit te reik, ons moue op te rol, en aan die werk te spring. Nou is die tyd om uit te reik na 'n wêreld wat die liefde van Christus moet voel. Nou is die tyd om mense te help om vergifnis te ervaar en onvoorwaardelike liefde te ontvang! Die glorieryke dag wanneer elke knie sal buig en elke tong bely, kom, maar tot daardie dag kom, kom ons werk hard!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com