Hoe Om te BidVoorbeeld

God is altyd beskikbaar om te hoor wanneer ons bid. Hy luister enige tyd wat ons met Hom praat. Dit verander nooit nie. Wat ons nie altyd kan voorspel nie, is hoe God ons gebede gaan beantwoord wanneer Hy na ons luister.
Hy mag dalk nie ons gebede verhoor op die presiese oomblik wat ons wil hê nie, of op die manier wat ons dink dit moet gebeur nie. Dit beteken egter nie Hy is nie steeds in beheer nie, en dat Hy nie regdeur die hele wêreld aan die werk is nie.
God vra ons nie om Hom net te vertrou wanneer ons nie alles verstaan wat aangaan nie. Hy vra ons om Hom altyd te vertrou, en te glo Hy is ons Vriend wat op maniere vir ons sorg waarvan ons nie eens weet nie.
Kyk hoe Tyler vir ernstige situasies by sy huis bid. Sommige van sy gebede word verhoor, terwyl ander situasies net erger word. In hierdie episode van Die Lewe van Tyler, ondervind Tyler dat God nie altyd gebede verhoor soos ons verwag nie.
Vraag: Beskryf 'n tyd wat God jou gebed verhoor het. Wat het jy geleer oor God van die manier waarop Hy jou gebed verhoor het?Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 4-dag leesplan vir die jeug verken wat die Skrif oor gebed sê. Volg die verhaal van Tyler soos hy leer wat dit beteken om met God te praat. Jy sal elke dag 'n Skrifgedeelte lees, na die verhaal kyk, en saam met Tyler leer terwyl hy belangrike vrae vra oor wat dit beteken om deur gebed met God te praat.
More
Verwante Leesplanne

Hoekom Het Ek Jesus Nodig?

My Super Geloof Wat in Dade Oorgaan

Leef 'n Beter Lewensverhaal

Hoe Om Iemand Te Word By Wie Ander Wil Wees

Bid

Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te wees

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

Geanker in geloof

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies
