IdentiteitVoorbeeld
Daar is nie iets soos 'n perfekte identiteit nie. As jy altyd probeer om iemand te wees van wie ander hou, sal jy uiteindelik geen vrede in jou lewe hê nie. Om vrede in ons lewens te hê, moet ons na God luister en gemaklik raak met wie Hy wil hê ons moet wees. Ons is bedoel om op Hom staat te maak, om te weet Hy is lief vir ons en te vertrou dat God ons identiteit vir ons sal openbaar.
'n Deel daarvan om 'n Goddelike lewe te leef, is om 'n groep vriende te hê wat jou in jou verhouding met Hom ondersteun. Om deel van 'n godvresende gemeenskap te wees, is dit noodsaaklik om nie te vergeet dat wie ons is deur God bepaal word en nie deur ander nie.
In hierdie finale episode moet die drie studente op mekaar staatmaak om herinner te word aan wie hulle is, en hoekom hul identiteit in God belangrik is. Kyk wat in hierdie episode van Uitgewis gebeur wanneer al drie studente leer wie God sê hulle is.
Vraag: Watter van jou vriende en gesin ondersteun jou in jou verhouding met Christus?
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 4-dag leesplan vir die jeug verken wat die Skrif oor identiteit sê. Volg die verhaal van drie studente wat die kans gegee is om te verander wie hulle is. Hulle moet egter, om 'n nuwe identiteit te kry, eerstens agterlaat wie hulle was. Jy sal elke dag 'n Skrifgedeelte lees, na die verhaal kyk, en eerstehands sien wat dit beteken om jou identiteit in God te vind.
More