Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld
2 Konings 8:1-6 is ʼn verhaal van ongelooflike toevalligheid. In hierdie gedeelte sien ons die terugkeer van die Sunamitiese vrou wie se seun deur Elisa uit die dood opgewek is in 2 Konings 4. Die vrou het besluit om na Israel terug te keer as gevolg van ʼn hongersnood. Met haar terugkeer om die koning te sien, is Elisa se assistent, Gehasi, juis by die koning om te vertel hoe haar seun uit die dood opgewek is. Daardie oomblik van ongelooflike toeval het die koning gelei om haar grond aan haar terug te gee. By God is daar egter nie so 'n ding soos toeval nie.
Dink terug aan daardie oomblikke in jou lewe wat jy gedink het dinge toevallig gebeur het. Dit is moontlik dat jy kan terugkyk en God se handewerk sien, en wat jy gedink het toevallig was, was in werklikheid ʼn Goddelike afspraak wat God met jou gemaak het. Belangriker nog, is dat jy jouself beskikbaar moet stel vir daardie Goddelike afsprake, want God sal dit weer skeduleer. Wees dapper in jou geloof en in plaas daarvan om vir God te wag om daardie “toevallighede” in jou lewe te bring, wees pro-aktief en vra vir God om daardie oomblikke meer gereeld in jou lewe te laat gebeur. Onthou daar is glad nie iets soos toeval wanneer jy jou ten volle oopmaak om deur God gebruik te word nie. Beskryf ʼn tyd toe jy ʼn toevalligheid ervaar het. Hoe het jy God in hierdie situasie aan die werk gesien?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit sy voorbeeld leer hoe die lewe kan wees wanneer jy jou oorgee en besluit om met "belaglike" geloof te leef.
More
We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church