Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld
In 2 Konings 6:8-23 probeer die Aramese koning om Elisa te vang, omdat hy verantwoordelik was vir Israel se oorwinnings oor Aram. Elke keer wanneer die koning probeer om Israel aan te val, waarsku Elisa die koning van Israel op 'n bonatuurlike wyse en verydel sy planne. Toe Elisa se assistent van die Aramese koning se poging hoor om Elisa gevange te neem, het hy bang geword, totdat Elisa God gevra het om die assistent se oë oop te maak sodat hy die hemelse leërs kon sien wat aan hulle kant veg. Om te sien hoe naby en magtig God se krag is, het aan Elisa se assistent die nodige vertroue gegee om vorentoe te beweeg.
Daar is tye in ons lewens wanneer ons baie soos Elisa se assistent is; ons oë is verblind vir iets wat ons nodig het om te sien en die feit dat ons dit nie kan sien nie, vererger ons wanhoop. Miskien is jou oë verblind vir die feit dat jy 'n verslawing het of 'n verhouding wat uitmekaar val. Miskien is jy blind vir die feit dat jy nie ten volle aan God toegewyd is nie en Hom net volg wanneer dit gerieflik is of wanneer jy in die kerk is. Miskien is jy blind vir die feit dat jy nie die persoon is wat God jou geroep het om te wees nie en dat jy selfvoldaan geword het. Dit maak nie saak waarvoor jy verblind is nie, want God kan jou oë oopmaak en help om die waarheid te sien. Al wat jy hoef te doen, is om Hom te vra en jouself oop te stel, sodat Hy jou oë kan oopmaak. Waarvoor dink jy is jou oë verblind wat jy eintlik behoort te sien? Watter stappe sal jy neem om jou oë oop te maak?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit sy voorbeeld leer hoe die lewe kan wees wanneer jy jou oorgee en besluit om met "belaglike" geloof te leef.
More
We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church