Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in HebreërsVoorbeeld
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 8: Geloof wat Skep en Transformeer
Oordenking:
Hebreërs 11 begin met 'n wonderlike verklaring: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Geloof laat ons verby ons omstandighede kyk en ons voorstel wat saam met God moontlik is. Deur geloof verstaan ons dat die heelal op God se bevel gevorm is – dit wat gesien word, het gekom van dit wat nie sigbaar was nie.
Hierdie skeppingskrag van geloof is een van die grootste uitdrukkings van God se heerlikheid in ons. Ons is na sy beeld geskape en geroep om met skeppende krag te funksioneer wat lewe en skoonheid aan die wêreld rondom ons bring. Geloof stel ons in staat om oplossings te sien in uitdagings, krag in swakheid en geleenthede in moeilikheid.
Psalm 8 herinner ons aan die eer en heerlikheid wat God aan ons gegee het. Alhoewel ons onsself dalk as swak sien, sien God ons as gekroon met heerlikheid en toevertrou met invloed. Deur die geskiedenis heen het geloofshelde die wêreld gevorm – skole gebou, hospitale en liefdadigheidsorganisasies gevestig, skeppend met kuns gefunksioneer, kultuur beïnvloed en gemeenskappe herskep.
Hierdie selfde geloof werk vandag in ons. Om God se roeping van jou unieke kreatiwiteit uit te leef kan beslis ‘n sinvolle lewe voortbring. Jou geloof te midde van uitdagings kan tot oplossings lei. Geloof in verhoudings bou dieper verbintenisse en geloof in ons gemeenskappe verander donker plekke in lewegewende ruimtes. Elke area van ons lewens kan God se heerlikheid weerspieël terwyl ons deur geloof lewe.
Ons geloof laat ons 'n toekoms sien en skep wat met God se doelwitte in pas is. Dit gaan nie net oor wat ons sien nie — dit gaan oor wat ons glo. Wanneer ons deur geloof lewe, word sy glorie ons storie en word ons deel van sy missie om die aarde met sy lig en liefde te oordek.
Volgende Stap:
Skryf neer waarheen jy God se lig en herskepping kan bring — of dit in jou gesin, werksplek of gemeenskap is. Bid vir geloof om dit te bewerkstellig.
----------------------------------------
As jy hierdie leesplan lewensveranderend gevind het, laat weet ons asseblief deur ’n e-pos te stuur na hello@doxadeo.org. Ons sal graag verder met jou wil kommunikeer.
Aangaande hierdie leesplan
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: doxadeo.org