Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in HebreërsVoorbeeld

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

DAG 6 VAN 8

Dag 6: Die Verklaring van Ons Reinheid

Oordenking:
Nog 'n belangrike verklaring in die boek Hebreërs handel oor ons reinheid. Hebreërs 10:10-14 openbaar dat Jesus ’n enkele, volmaakte offer vir sonde gebring het en dit het die mag van sonde vir altyd verbreek. Anders as die Ou Testamentiese stelsel van herhaalde offers, is Jesus se offer finaal en volledig. Deur sy bloed is ons geheilig en in God se oë as rein verklaar!

Jy mag egter dalk wonder waarom sonde steeds ’n invloed op ons lewens het, as die mag daarvan verbreek is? Die antwoord lê in die vernuwing van ons denke. Romeine 12:2 leer dat herskepping juis begin wanneer ons ons gedagtes met die waarheid van God vul. Wanneer ons oor die werklikheid van ons reinheid in Christus mediteer, begin ons gedrag hiermee ooreenstem. Verandering is altyd die gevolg van ons denke wat vernuwe is.

Hebreërs 9:14 herinner ons dat die bloed van Christus ons gewete van "dooie werke" reinig sodat ons die lewende God kan dien. Wanneer ons hierdie waarheid volledig aanvaar, nader ons die lewe nie meer vanuit skuld of skaamte nie. In plaas daarvan dien ons God met volle sekerheid en vertroue, wetende dat ons volledig deur Hom aanvaar word.

Volgende Stap:
Dink na oor Hebreërs 10:14: "Deur een enkele offer het Hy dié wat geheilig word, vir altyd volmaak gemaak." Staan dan tyd in gebed af en vra God om jou gedagtes te vernuwe en jou te help om vanuit die waarheid van jou reinheid in Christus te leef. Skryf een gewoonte of denkpatroon neer wat jy aan Hom wil oorgee en neem vandag ’n praktiese stap tot vernuwing.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: doxadeo.org