Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedVoorbeeld

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

DAG 8 VAN 21

Evangelisasie in die Alledaagse Lewe

Omhels die roeping om “vissers van mense” te wees, en reik in liefde en deernis uit na diegene wat die evangelie nodig het.

Elke oggend wanneer jy wakker word, dank die Here vir Sy volmaakte werk aan die Kruis. Vra die Heilige Gees om jou deur die dag te lei om teenoor ander te getuig van Jesus se liefde, goedheid en guns. Laat jou lewe ‘n getuienis wees waar jy ook al gaan.

1 Pet. 3:15: …Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe...

Gebed: Dankie, Jesus, vir elke geleentheid wat ek het om te kan getuig. Lei my asb. vandag na die mense wat U nodig het en om hulle na U te lei. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.

More

Ons wil graag Lewende Woord | Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewendewoord.churchcenter.com/home