Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedVoorbeeld
Persoonlike Bekering en Vernuwing
Soek God se vergifnis en leiding om weer in lyn te kom met Sy wil en jou pad van terugkeer na Hom te begin.
Die Woord leer ons dat die Here liefdevol en genadig teenoor Sy kinders is.
Ps. 145:8: Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde.
Wanneer ons sondig (die merk mis) en ons sonde in opregtheid bely, belowe Hy om ons te vergewe (1 Joh. 1:9).
Ons kan met vrymoedigheid na Sy genadetroon gaan, aangesien Jesus ons met die Vader versoen het sodat ons 'n intieme verhouding met Hom kan geniet.
Gebed: Dankie, Vader, vir U genade en vergifnis. Ek bely enigiets wat tussen my en U staan (wees spesifiek). Ek ontvang U genade.
Ek onderwerp my lewe aan U en bid dat U my gedagtes en begeertes met U s’n belyn. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.
More
Ons wil graag Lewende Woord | Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewendewoord.churchcenter.com/home