Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en GebedVoorbeeld
Geestelike Gawes en Roeping
Soek die Here se leiding om geestelike gawes te ontdek en te gebruik vir Sy doeleindes en om ander te seën.
Die Heilige Gees binne ons wil Homself uitdruk. Hy wil ons met bonatuurlike dinge seën en wil hê dat ons in geestelike gawes moet wandel en groei as 'n getuienis van wie Hy is.
Rom 12:6: Ons het verskillende gawes, volgens die genade wat aan elkeen van ons gegee is...
God het 'n plan vir hierdie wêreld en vir elke individu. Paulus gebruik die beeld van die liggaam om die verskillende gawes, rolle en roepings wat elke lid van die liggaam het, te illustreer. Ontdek jou roeping in die Here en begin jou geestelike gawes ontwikkel om daardie roeping te vervul.
Gebed: Here, openbaar aan my U roeping op my lewe. Mag ek u doel vir my lewe vervul. Ek bid dat U groter geestelike gawes deur my vrystel. Mag ek in U gawes wandel om u bonatuurlike krag en liefde ten toon te stel. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Begin ’n transformerende 21 dae reis van vas en gebed om weer met God se hart en missie te belyn. Hierdie plan fokus op persoonlike vernuwing, familie-eenheid, kerkgroei en nasionale herlewing. Oordink jou rol as dissipel, versterk jou geloof en aanvaar God se roeping deur middel van daaglikse gebedspunte. Verenig om Sy wil te soek, vir ander in te tree en jou toe te wy aan Koninkrykswerk wat lewens verander.
More
Ons wil graag Lewende Woord | Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewendewoord.churchcenter.com/home